Voel jy soms of jy jou kwota van versekeringskwotasie-soektog in het, en nogtans wil almal jou ompraat om die eerste en beste ding op die mark uit te neem? Jy hoef nie in die verknorsing te sit oor versekeringskwotasies nie:
Eerstens, indien jy reeds op 'n soektog is na kwotasies is, is jy reeds op die regte spoor – soek, rondkyk. Aangesien versekering 'n baie gespesialiseerde veld is wat vir so-te-sê enige behoefte van enige kliënt kan bevredig, verskil premies en produkte van een versekeraar tot die volgende. Jy sal nie spyt wees om eers ten minste drie kwotasies te kry voordat jy 'n besluit maak nie. Kry sommer nou jou eerste versekeringskwotasie per e-pos.
Tweedens, wanneer jy 'n kwotasie aanvra, maak seker dat jy soveel moontlik inligting van die betrokke maatskappy sowel as die agent verkry. Maak seker jy kry 'n besigheidskaartjie met volledige kontakbesonderhede sodat jy dit byderhand het wanner jy by die huis aankom en daar dalk nog 'n paar vrae mag wees wat beantwoord moet word.
Derdens, weet presies wat jou versekeringsbehoeftes is wanneer jy 'n kwotasie aanvra – wat jy reeds het en wat jy addisioneel nodig het. Hierdie sal jou in staat stel om deur meeste van die koop-praatjies te sny en dadelik te identifiseer watter produk die beste vir jou sal werk. So sal jy ook oorvleuelende dekking tussen verskillende versekeringspolisse uitskakel.
Vierdens, versekeringskwotasies word opgestel volgens inligting wat deur die kliënt verskaf word op die gegewe oomblik. Moet dus nie die versekeraar kwalik neem indien die premies verskil van die gekwoteerde bedrag nie. Onthou om jou inligting so akkuraat moontlik aan die versekeraar te gee sodat hy jou van die beste kwotasie volgens jou behoeftes kan voorsien.
Vyfdens, moet nooit voel asof jy onmiddellik 'n kwotasie moet aanvaar nie. Versekeringskwotasies, soos meeste ander kwotasies, is gewoonlik geldig vir 'n sekere tydperk. Neem dus jou tyd en oorweeg alle aspekte.
Sesdens, dit is die werk van die versekeraar om jou te help in jou soektog na die ideale versekeringspakket vir jou doeleindes. Indien jy dus enigsins voel asof die agent of maatskappy met wie jy handel nie bereid is of bevoegd is om die verskillende opsies en antwoorde op jou vrae met jou te deel nie, of nie jou behoeftes verstaan nie, moet jy dalk maar 'n bietjie verder gaan soek!
Onthou
Jy het 'n kwotasie nodig wat vir jou die nodige dekking teen die beste moontlike prys sal bied. Moenie ophou soek totdat jy hierdie kwotasie in jou hand het nie!